Liefdesverhaal

Om ‘n kampvuur, op 18 Maart 2017, het JP en Ursula ontmoet en vir ure tot die volgende oggend 5uur gesels. JP vertel hoe hy net hier besef het wie en wat sy is, met haar sprankelende persoonlikheid, die mooiste glimlag en ‘n hart van goud. Vasgevang in sy hart tot vandag toe.

Hulle besluit toe om weer kontak te maak die volgende dag deur Facebook boodskappe, waar hulle weereens tot 5uur die volgende oggend gesels en gelag het.

Verlief wees was nog nooit so lekker nie. Met die eerste oogopslag het ek geweet sy is die een, vertel JP. Ursula vertel hoe hulle verhouding begin koers vat het toe JP haar op die lughawe uitgevra het op die 3de Mei 2017 toe hy oppad was om in Amerika te gaan werk vir 9 maande! “Ek is lief vir jou” was die woorde wat ons gedra het, want ons het geweet hier is iets spesiaals aan die broei. JP land toe Kersoggend, waar Ursula met groot opwinding op die lughawe vir hom ingewag het.

Ons gesprekke het my laat wens dat ek elke sekonde deel van haar lewe kan wees! My dankbare hart spreek boekdele, waar ek vir die eerste keer in ‘n lang tyd geweet het dat hier iets gouds aan die gebeur is, vertel JP.

JP vertel dat elke minuut wat hulle saam spandeer, hy net tyd wil laat stilstaan. Ursula vertel dat toe hulle op die 2de Maart 2019 nesgeskop het, hul verhouding net nog meer gegroei het, waar hulle saam kon groei, droom en ‘n toekoms bou.

Verloof raak het nog nooit so reg gevoel nie… Op 11 September 2021 vra JP haar om sy vrou te wees, waar Ursula vertel hoe dit die maklikste JA nog ooit was!

Ek kan nie wag om die res van my lewe met haar te spandeer nie. Ursie is ‘n ongelooflike mens met absolute fenomenale waardes, sy bring die beste uit my uit en laat my gemaklik voel in elke oomblik saam, vertel JP. Ursula vertel hoe dit die gelukkigste dag was met die wete dat sy met ‘n wonderlike en opregte man, met die kleinste, reinste omgee-hart, gaan trou.

Met ‘n dankbare hart word ons elke oggend wakker. Onophoudelike en onvoorwaardelike liefde is iets wat ons daagliks deel met God aan die voorhand van ons verhouding. Vir ‘n beter lewensmaat kon ons nie vra nie.

Ek het jou lief met my hele hart.
29 Oktober 2022
Drosberg | Paarl